Kriek Street Villiers 9840
Schools State
Wie is ons?
Ons is 'n Afrikaansmedium hoër- en laerskool (Gr. R - Gr. 12) in Villiers. Ons koshuis is loopafstand vanaf die skool. Ons skool is van die enkeles wat spog met 'n matriekslaagsyfer van 100% vir 20 agtereenvolgende jare. Vir die personeel van hierdie skool met 'n Christelike missie is ware opvoeding 'n roeping en elke leerling se belange word op die hart gedra.
Vakke:
Gr. 10-12: Afrikaans, Engels, Rekenaartoepassings-tegnologie, Toerisme, Inligtingsgrafika-en ontwerp, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskappe, Lewensoriëtering, Rekeningkunde, Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid.
Fooie:
Skoolfonds: R540 per maand. (10 mde). Deposito: R350 per leerling. Subsidies word in verdienstelike gevalle toegestaan. Koshuisfooie is R1395 per kwartaal vooruitbetaalbaar. Boekfooie, eenmalig per jaar betaalbaar, is R350.